1.  Aalwyn bevat meer as 20 minerale wat vir die menslike liggaam noodsaakliks is
  2. Dit bevat al 8 noodsaaklike vetsure, sowel as 11 van die 14 sekondére vetsure wat jou liggaam nodig het.
  3. Dis ryk aan vitamien A, B1, B2, B6, C en E.
  4. Dit bevorder goeie spysvertering en help jou liggaam om kos beter te assimileer.
  5. Aalwyn bevat stowwe wat die immunstelsel se werking verbeter en die liggaam help om homself te suiwer en van gifstowwe ontslae te raak.
  6.  Aalwyn bevorder die genesing van wonde en is ‘n uitstekende middel om enige velkwaal en -irritasies te klameer.
  7. Aalwyn verbeter die vermoë van witbloedliggaampies om vreemde stowwe te absorbeer.
  8. Dit keer naarheid en help vir maagkwale.  Aalwyn word ook in die behandeling van maagsere en selfs maagkanker gebruik.
  9. Die salp van die aalwyn help onder meer vir artritis en ME (in die volksmond bekend as jappiegriep).
  10. Dis ‘n natuurlike antibiotikum en pynstiller, en aalwynjekkie kan gebruik word in die behandeling van koorsblare en seertjies in die mond

Bron: Sarie Maart 2005

×

Hello!

Click one of our logo below to chat on WhatsApp or send us an email to info@aloeferoxza.co.za

× How can we assist you?